Die resep is eenvoudig gaar hoender wat sy met haar geheime wapen, Bakels se Fino Chicken Pie Mix en uie opdollie en in ’n degie bak. Makliker kan dit nie. As jy nie die geurmiddel kan kry nie, hier is ons weergawe.

1. Smelt die botter in ’n pot en braai die uie tot geurig. Klits die meel by en braai tot skuimerig. Klits nou driftig die aftreksel en melk by. Voeg ook die lourierblaar en neutmuskaat by en laat prut terwyl jy aanhoudend klits totdat ’n dik witsous vorm. Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper; verwyder die lourierblaar.

2. Voorverhit die oond tot 200 °C. Roer die gevlokte hoender by die witsous en skep die mengsel in ’n oondvaste pasteibak. Bedek die vulsel met blaardeeg, verf met eier en versier met ekstra stukkies deeg. Bak die pastei vir sowat 15 minute teen dié hoë temperatuur sodat die blaardeeg kan begin pof; draai dan die hitte af na 180 °C en bak tot goudbruin en deurgaar.