1 Vlek die vis, maar moenie die kop, stert of vel verwyder nie. Maak seker al die skubbe is afgeskraap, haal die binnegoed uit, spoel die vis goed af en druk dit droog met kombuispapier. Gebruik ’n skerp mes en maak ’n paar diep diagonale insnydings aan weerskante van die vis se lyf. Vryf die vis binne en buite met die olie, suiker, sout en peper.

2 Pluk al die koljanderblaartjies van die stingels af en hou vir die sous; kap die stingels grof en sit dit saam met die sitrusskyfies en suurlemoenblare in die vis se buikholte. Vou weer mooi toe.

3 Braai die vis heel oor matige kole totdat die vlees net gaar en die vel bros is – sowat 20–30 minute. Jy kan natuurlik ook die vis in ’n warm oond teen 200 °C bak tot gaar.

4 Maak die kruiesous Pols al die bestanddele saam in ’n voedselverwerker tot dit goed gemeng is maar nog ’n bietjie tekstuur het.

5 Skep van die kruiesous rojaal bo-oor die vis en sit dit voor met gestoomde rys en die ekstra kruiesous.