Franse roosterbrood met ’n bessiesous

akkreditasie
’n Uitstekende keuse vir ’n laat-ontbyt met ’n sjokoladekinkel!

Genoeg vir: 4 porsies

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

• 4 eiers

• 125 ml melk

• 8 snye Franse (of enige ander) brood

• 45 ml sjokoladeneutsmeer

• 30 ml botter

BESSIESOUS

• 250 g gemengde bessies

• 60 ml strooisuiker

• 15 ml vars suurlemoensap

1 Klits die eiers en melk saam.

2 Smeer die sjokoladeneutsmeer op vier van die snye brood en plaas die ander vier snye bo-op asof jy ’n toebroodjie maak. Plaas die snye brood in ’n glasbak en giet die eiermengsel bo-oor. Laat staan totdat die brood die eier goed geabsorbeer het. Draai

die brood om sodat die bokant ook in die eier kan lê.

3 Berei intussen die bessiesous. Plaas die helfte van die bessies in ’n versapper saam met die suiker en suurlemoensap (of gebruik ’n handmenger). Verwerk tot glad en giet dit in ’n glasbeker of bakkie. Voeg die oorblywende bessies by en roer deur.

4 Verhit die botter in ’n braaipan oor matige hitte en braai die brood tot goudbruin en gaar aan albei kante. Sit onmiddellik voor met die bessiesous.


Jongste uitgawe

Sep | Okt 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees