Genoeg vir: 4

Bereidingstyd: 25 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

Oondtemperatuur: 200 ºC

Bestanddele

• 500 g maalvleis

• 125 ml vars broodkrummels

• 40 ml gedroogde origanum

• 2,5 ml fyn komyn

• 15 ml worcestersous

• 1 eiergeel

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 60 ml olyfolie vir braai

• 1 x 410 g-blik gekapte tamaties, Italiaanse styl

• 1 hand vol vars basilieblare

• 200 ml mozzarella, in blokkies gesny

• 50 ml gerasperde parmesaan

So maak jy

1 Meng die maalvleis, broodkrummels, gedroogde origanum en komyn met die worcestersous en eiergeel tot goed deurgemeng. Geur met sout en peper na smaak. Rol met nat hande in ewe groot frikkadelle en hou eenkant.

2 Verhit ’n groot kleefvrye pan en voeg olie by. Braai die frikkadelle versigtig oor hoë hitte tot goudbruin, en rangskik in ’n oondbak. Giet die tamaties oor en strooi geskeurde basilieblare en die kaas oor. Geur met sout en peper en bak dit in ’n warm oond vir ongeveer 20 minute tot die kaas goudbruin en die frikkadelle deurgaar is. Sit voor op spaghetti of met vars Franse brood.