Dis gou en maklik om te maak, maar laat staan dit dan ’n rukkie dat al die smake kan saamkuier.

1. Kap ’n bietjie van die vars tamaties, ui, soetrissie en komkommer fyn en hou dit eenkant in aparte bakkies om later as garnering te gebruik. Kap die res van die groente rofweg voor jy dit verwerk.

2. Sit die brood, eiergeel en knoffel in ’n voedselverwerker. Skakel die masjien aan en voeg die olie stadig in ’n dun straaltjie by terwyl die motor loop. Dit moet ’n dik emulsie vorm, amper soos mayonnaise.

3. Voeg die asyn by en voeg dan die geblikte tamaties en die puree geleidelik in sarsies by; verwerk tot glad. Giet die sop deur ’n sif om die tamatiepitte te verwyder en geur met die sout en peper. Sit die sop koud of by kamertemperatuur voor met die garnering, croutons en vars kruie langsaan of deurgemeng.