Genoeg vir: 6 saam met ander voorgeregte

Bereidingstyd: 5 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

Bestanddele:

• 1 groot ryp camembertkaas (250 g)

• 4 huisies knoffel

• 30 g gedroogde bosbessies

• 4 takkies roosmaryn, blaartjies gestroop

• 4 takkies vars tiemie, blaartjies gestroop

• 2 eetlepels olyfolie

Haal die kaas uit sy omhulsel; as jy dit in ’n houtboksie gekoop het, hou die boks. Sit die kaas op ’n stuk foelie wat groot genoeg is om dit in toe te draai en weer in die boks te

sit. Maak insnydings in die bokant van die kaas en vul dit met die knoffel, bosbessies en vars kruie. Druip die olie stadig oor. Vou die foelie oor die bokant en bak vir 15-20 minute tot borrels vorm; maak die foelie vir die laaste 3-5 minute in die oond oop. Sit warm voor met kraakvars brood.

food, Decor, church, christmas,