Gebakte-hoender-nuusbrief

Genoeg vir: 4

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 50 minute

• 4–6 hoenderborsies

• 30 ml Cajun-speserye

• 30 ml olyf- of avokado-olie

• 1 ui, gekap

• 250 ml bruinrys met songedroogde tamaties

• 1 blik gemengde boontjies, gedreineer en afgespoel

• 300 g spinasie, gewas en geblansjeer

• 2 suurlemoene, in wiggies gesny

• 500 ml hoenderaftreksel

• 2 avokado’s, in skyfies gesny

1. Rol die hoender in die speserye. Verhit die olie in ’n pan en braai die hoender, velkant na onder, tot goudbruin. Skep uit en braai die ui tot glansend. Roer die rys by en roerbraai tot al die korrels met olie bedek is.

2. Skep die rys en boontjies in ’n oondroosterpan en roer die spinasie deur. Pak die hoenderborsies en suurlemoenwiggies bo-op, geur met sout en peper, en voeg die aftreksel by. Bedek die pan met foelie en sit dit in die oond vir 30–45 minute tot die hoender en rys gaar is. Voeg die skyfies avokado by en sit dit dadelik voor.