Gebakte murgbene met roosterbrood

akkreditasie
Francois Oberholster
Bereidingstyd: 20 minute
Porsies: 6 as voorgereg
Gaarmaaktyd: 30 minute
Bestanddele
  • 3 x 20cm - lange beesmurgbene, in die lengte deurgesaag (vra jou slagter)
  • - ciabatta-roosterbrood
  • - sout en varsgemaalde swartpeper
Metode
Of jy nou dink dié resep is vreemd of alte lekker, dis baie vinnig en maklik – en tans hoogmode.

Oondtemperatuur: 200°C 

Voorverhit die oond. Sit die bene knus in ’n oondroosterpan en geur goed met sout en peper. Bak vir 20–30 minute tot die murg heerlik sag en gekaramelliseer is. Sit dadelik een per persoon voor as voorgereg met ’n hele paar dun snye roosterbrood. Die murg smeer soos botter. 

Kies een van dié hierby:

1. Strooi biltongskaafsels oor ’n gesmeerde murgbroodjie – dit smaak vorentoe!

2. Maak ’n vinnige kruiesous deur ’n hand vol platblaarpietersielie, 5ml gerasperde suurlemoenskil, sowat 15 ml suurlemoensap, 10 kappertjiesade, 2 ansjovisfilette en ’n knippie knoffel saam met sowat 40 ml olyfolie fyn te maak. Geur na smaak met sout en peper en drup oor die gaar murgbene vir ’n kruiegeur.

3. Meng 60 ml growwe broodkrummels met 30 ml gerasperde parmesaankaas en ’n knippie gekapte vars roosmaryn, en sprinkel dit oor die bene voor dit oond toe gaan vir ’n gebakte krummelkors. 

Jongste uitgawe

Sep | Okt 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees