1 Verhit die olie in ’n groot kastrol en roerbraai die kerriepasta vir ’n minuut tot geurig. Roer die klappermelk by en bring tot kookpunt.

2 Voeg die ui, aartappel, groenboontjies, baba-mielies en kersietamaties by en laat prut totdat die aartappels sag is.

3 Verhit intussen ’n riffelpan en braai die eiervrugskyfies tot sag, met skroeilyntjies alkant; voeg dit by die kerrie. Die rokerige skroeigeur van die pan gee ’n ekstra dimensie aan die gereg.

4 Wanneer die groente sag en die kerrie so te sê reg is vir voorsit, roer die garnale, vissous en bruinsuiker by. Roer deur en laat prut vir ’n paar minute tot die steurgarnale pienk en gaar is. Strooi die boontjiespruite en kruie oor en sit voor met lemmetjiesap en ligte sojasous na smaak op gestoomde rys.