Genoeg vir 6

1 Meng al die bestanddele vir die marinade in ’n vlak glas- of plastiekbak – net groot genoeg dat al die tjops daarin sal pas. Bedek die tjops met die marinade, maak die bak toe en laat die vleis vir twee uur of langer in die yskas marineer. Draai die tjops af en toe indie marinade om sodat die vleis metdie gemmer kan trou.

2 Sit die beet in ’n diep pan met genoeg water en laat dit liggies kook vir sowat 30–35 minute tot net-net sag. Dreineer en laat dit genoeg afkoel dat jy die skille kan aftrek; sny dan die beet in 1cm-blokkies.

Klits die gemmer, olie, Indonesiese sojasous, sap en gerasperde skil, vinkelsaad, sout en peper saam en giet dit oor die beet. Skil die mango en sny dit in 1cm-blokkies; roer dit dan versigtig saam met die sprietuie en geskeurde mentblare deur die beetslaai – of gebruik die uie en ment as garneersel vir die hele gereg.

4 Verhit die braaipan tot goed warm. Haal die tjops uit die marinade en skraap die marinade van die tjops af terug in die bak. Geur die tjops met sout en witpeper. Braai dit oor hoë hitte vir sowat 3 minute (of tot dit ’n goeie kleur het), eers aan die een kant en dan aan die ander kant. Draai nou die hitte na laag en braai die tjops verder tot deurgaar; dit neem minstens 8 minute en daar moet geen pienk sappe uitloop wanneer jy ’n mes in die vleis steek nie.Sit die varktjops voor met die beet-gemmer- en-mangopiekels.