1. Room die botter en versiersuiker saam tot lig en donsig. Roer die res van die bestanddele by en vorm die deeg in ’n plat skyf. Maak dit toe in kleefplastiek en laat rus vir 20 minute in die yskas.

2. Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit tot sowat 5 mm dik. Gebruik koekiedrukkers en druk koekies daarmee uit. Pak die koekies op bakplate wat met bakpapier uitgevoer is en laat rus dit vir nog 10 minute in die yskas – onthou die gaatjie as jy die koekies aan jou Kersboom wil ophang. Bak die koekies teen 180°C vir sowat 10 minute of tot dit net begin verkleur. Laat afkoel op draadrakkies.

As jy die koekies wil versier Meng 1 eierwit en sowat 250ml gesufte versiersuiker tot ’n dik, smeerbare mengsel. Kleur dit met voedselkleursel as jy wil. Gebruik ’n spuitsak om die koekies te versier.