Ek het die idee vir dié maklike slaai by Madelein Roets van De Malle Meul op Philadelphia gekry. 

1. Verhit die olie en braai die chorizo-skyfies tot lekker bros. Voeg die rooi uie ná ’n paar minute by sodat dit ook ’n kleurtjie kan kry. Skep uit en behou enige olie in die pan.

2. Sny die hoenderborsies in lang, dun skywe en meng dit met die rissies, olywe, gebraaide chorizo en ui, feta en basilie op ’n mooi dienbord.

3. Halveer, ontpit en skil die avokado’s en bedek dit oraloor met die geurige olie in die pan. Sit dit net so by die ander bestanddele of braai die gesnyde kante liggies in ’n riffelpan totdat dit mooi swart lyntjies en ’n heerlike rokerige geur kry. Bedruip die slaai met die balsemiek-glaseersel en sit voor met vars bruschetta.