Genoeg vir: 6
Bereidingstyd: 20 minute
Oondtemperatuur: rooster
Gaarmaaktyd: 10 minute

  • 4 groot rooi soetrissies, gehalveer en pitte verwyder
  • bocconcini (baba-mozzarellakaasballetjies; jy kan ook groter mozzarellakaasballe gebruik en hulle in kwarte sny)
  • basiliekruidpesto
  • ½ pakkie dennepitte, gerooster
  • 1 pak roketblare
  • Kalamata-olywe, gehalveer en ontpit
  • olyfolie en balsemiekasyn

1. Rooster die soetrissies op ’n bakplaat tot sag en die rande begin swart verkleur. Hou eenkant tot afgekoel.

2. Plaas die mozzarellakaasballetjies in ’n mengbak en roer die pesto deur. Voeg die dennepitte, roketblare en olywe by en meng deur.

3. Skep dit binne-in die geroosterde soetrissiehalwes en drup ekstra olyfolie en balsemiekasyn bo-oor.