1. Plaas die kruisstuk in ’n vlak glasbak. Voeg die ui en balsemiekasyn by en geur na smaak met swartpeper. Laat dit staan om te marineer tot nodig.

2. Rooster die vleis oor die kole of onder ’n voorverhitte rooster-element tot so gaar as wat jy dit wil he^. Geur met sout en peper.

3. Smeer die broodrolletjies met botter en peperwortel-mayonnaise.

4. Sny vleis in skyfies en pak dit bo-op die brood saam met tamatieskyfies en roket. Sit dit voor saam met gekookte eiers en piekeluitjies.