Oondtemperatuur: 200°C

1 Voorverhit die oond. Sit die wortels in ’n oondbak en bedruip met 15ml olie; sit die vinkel langs die wortels in die dieselfde bak en bedruip ook met 15 ml olie. Geur met sout en peper. Sit die beet in ’n aparte oondbak en bedruip met die laaste 15ml olie; geur met sout en peper. Rooster die groente nou langs mekaar vir sowat 30 minute. Roer deur en toets wat sag is en wat nog tyd in die oond nodig het. Bedek die roosterpanne om die gaarmaakproses aan te help indien nodig en rooster verder tot gaar en sag. Laat afkoel.

2 Maak die vinaigrette Verhit die olyfolie in’n pan en braai die sade versigtig tot hulle net begin kleur kry. Klits dit dan saam met die res van die sousbestanddele en geur met sout en peper.

3 Meng die warm sous deur die bronkorsblare en skep uit op ’n mooi bord. Rangskik die geroosterde groente bo-op en strooi laaste die uievlokkies oor.

Het jy geweet?

Klassieke vinaigrette is ’n kombinasie van 3 dele olie en 1 deel asyn, gegeur met Dijonmosterd, sout en peper.

Jy kan na hartelus speel met al jou gunsteling-olies en -asyne in die verhouding wat jou proe-knoppiesgelukkig maak – balsemiekasyn en olyfolie, offramboosasyn en neutolie. Voeg dan allerhande vars kruie, speserye, neute en sade by.