* OF 4 x 250 ml (560 g) witbroodmeel

** soos sonneblom-, sesam-, papawer en lynsaad)

Oondtemperatuur: 200 °C

1 Smeer twee broodpanne of spuit dit met kleefvrye kossproei. Meng al die bestanddele in ’n mengbak en roer dit om ’n beslag te vorm. Die beslag sal taamlik swaar wees.

2 Verdeel die deeg in twee en skep dit in die broodpanne. Maak die deeg bo-op gelyk en laat dit op ’n warm plek staan totdat die deeg die broodpanne vol gerys het.

3 Voorverhit die oond. Bak die brood vir sowat 20 minute en verlaag dan die oondtemperatuur tot 180 °C. Bak vir nog 20 minute totdat die brood goudbruin en gaar is en ’n toetspen skoon uitkom. Laat die brood effens in die panne afkoel en keer dit dan op ’n draadrak uit om heeltemal af te koel.