Oondtemperatuur: 180°C 

1. Verhit die helfte van die olie en braai die ui, knoffel en rissie tot sag en effens gekaramelliseer. Roer die res van die vulselbestanddele by en geur na smaak met sout en peper.

2. Voorverhit die oond. Sny ’n gleufie in elke hoenderborsie en stamp effens platter (metdie velkant buite) om die vleis dunner te maak. Vul met die kekerertjievulsel en steek toe met tandestokkies of bind toe met kombuistou. Panbraai die hoender, velkant eerste, in die orige olyfolie tot goudbruin oraloor. Sit in ’n oondroosterpan met ekstra suurlemoenwiggies en geur mildelik met sout en peper. Bak vir sowat 35 minute tot gaar. Sit voor met ’n groot slaai en koeskoes. 

Pst! Rooster die suurlemoene met ’n blaasvlam (of in die pan), dan druk die sap makliker uit.