book-icon Uitgawe Mei l Junie 2021

Gestopte hoenderrol met vinkel en nartjie

akkreditasie

1 Verhit die botter in ’n kastrol en roerbraai die spek tot bros. Voeg die ui by en roerbraai tot sag en glansend. Voeg die vinkel by en roerbraai totdat die vinkel net-net sag is. Verwyder van die plaat en roer die broodblokkies by. Voeg die gekapte vinkelblaartjies by en geur met swartpeper en nartjiesap. Laat afkoel. 

2 Voorverhit die oond tot 180 °C. Vou die ontbeende hoender op ’n skoon werkblad oop met die vel na onder en versprei die vulsel oor die middel. Rol die vleis versigtig oor die vulsel sodat dit ’n netjiese rol vorm en bind vas met kombuistou. 

3 Sit die hoenderrol in ’n oondbak en vryf oraloor met sout, peper, olyfolie en die sagte botter. Pak nou ook allerlei geurige knolgroente in die oondbak, soos nog ’n paar gehalveerde vinkelbolle, worteltjies en knoffel. Voeg sommer ’n paar nartjiehelftes ook by en oondrooster vir 1-1½ uur tot gaar en goudbruin. Draai die hoender in dié tyd een keer om sodat die onderste vel ook bros braai. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Augustus 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees