Gebruik ’n skerp nutsmes en maak insnydings in die varkvel, 1 cm uit mekaar, sonder om deur die vet in die vleis te sny (of vra jou slagter om dit vir jou te doen). Vryf mildelik in met sout en peper en plaas die vleisstuk met die velkant na onder op ’n skoon werkoppervlak.

Vlek die vleis versigtig oop met ’n skerp mes. Begin met ’n keep aan die sykant en vlek die vleis dan in fases heeltemal oop terwyl jy die vleis “ooprol” (amper soos ’n nuwe rol kombuispapier). Die idee is om die vleis ewe dik oraloor te hê sodat die vulsel in die middel is wanneer dit opgerol word.

3 Sodra die vleis in ’n plat reghoek voor jou lê,rangskik die ham in ’n lyn oor die breedte in diemiddel van die vleis. Volg met die twee rolletjieskaas (gekrummel of gesny) en versprei dit in ’nstrook oor die ham. Dreineer die dadels. Stop tweeglanskersies binne-in elke dadel en pak dit op diekaas. Vou nou die vleis versigtig bo-oor die vulselom weer ’n rol te vorm met die velkant bo en diedadels in die middel. Bind die vleis in ’n netjiese rolmet lengtes kombuistou sowat 2 cm uit mekaar.

4 Voorverhit die oond tot 180 °C. Sit die vleisrol op ’ndraadrakkie in ’n oondroosterpan, giet die aftrekselonderin die pan en bak vir sowat 1 uur en 40 minute.Skakel nou die oond se roosterelement aan en roosterdie vleis versigtig alkante totdat die sooltjie opgepof enbros is. Skakel die oond af en laat die vleis op ’n warm plek(in die louoond of onder ’n foelietent) rus vir sowat 10 minute voordat jy dit sny.

Wenk
Onthou, jy kan altyd knolgroente saam met vleis rooster. Sit ’n groot hand vol babawortels en piekeluitjies vir die laaste 20 minute van die gaarmaaktyd in die pan.