1. Meng al die bestanddele vir die geurpasta saam in ’n stamper en vysel totdat dit ’n growwe pasta vorm. Marineer dan die lewer en hoender daarin vir sowat 30 minute.

2. Skraap die repe spek in die lengte af met die agterkant van ’n mes om dit effens te rek en draai ’n repie spek om elke happie lewer. Ryg nou die lewer, hoenderblokkies en brood op die takkies (of sosatiestokkies wat in water geweek is).

3. Braai die stokkies oor matige kole of in ’n bietjie olie in ’n dikboompan tot die spek bros en die hoender deurgaar is. Probeer om nie die lewer “dood” te braai nie – dit moet nog so ’n bietjie pienk binne wees. Sit dadelik voor met vars suurlemoenwiggies en bros slaaiblare.