Genoeg vir: 6 porsies
Bereidingstyd: 45 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute

  • 2 x 410 g-blikke keker-ertjies
  • 80 ml olyfolie
  • 1 rooi ui, fyngekap
  • 2 vet knoffelhuisies, fyngekap
  • 250 g Roma-babatamaties, gehalveer
  • ½ komkommer, in klein blokkies gesny
  • ’n goeie hand vol elk Italiaanse pietersielie, koljander en kruisement, gekap

VINAIGRETTE

  • 125 ml olyfolie
  • 60 ml witwynasyn
  • 5 ml mosterd
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 5 ml heuning

1. Dreineer die keker-ertjies en spoel dit onder koue water af.

2. Verhit die olyfolie in ’n kastrol en soteer die ui tot sag en glansend. Voeg die knoffel by en roer dit vir sowat ’n minuut deur. Voeg die gaar keker-ertjies by en roer dit deur. Verwyder van die plaat en hou eenkant tot afgekoel.

3. Roer die tamaties, komkommer, pietersielie, koljander en kruisement deur die keker-ertjies. Berei die vinaigrette deur al die bestanddele saam te meng en giet dit dan oor die slaaibestanddele. Meng dit deur. Bedek die slaai en hou dit in die yskas tot nodig.