1. Maak die vulsel Verhit die olyfolie in ’n pan. Braai die uie, knoffel en kaneel daarin tot die uie sag is. Voeg die rys by en roer tot al die korrels met olie bedek is. Voeg die water by en kook tot gaar. Haal van die hitte af en roer die korente, kruie en dennepitte by. Laat staan eenkant om af te koel. Roer die gekrummelde kaas deur.

2. Skep die vulsel in die oopgesnyde vis en draai styf toe in die ham. Bind vas met tou en braai oor matige kole tot gaar. Die vis is gaar sodra die vis se vleis nie meer deurskynend is nie en maklik vlok. Dit behoort so 30 minute te neem afhangend van die grootte van die vis en die hitte van die kole.