1 Maak die vulsel Meng die vleis en rys met die speserye en suurlemoensap. Voeg die kruie by en meng goed.

2 Sit een blaar plat op ’n werkoppervlak neer (sny die steel af indien nodig). Skep ’n lepel vol vulsel bo-op, vou die rande in soos ’n koevert en rol die blaar dan versigtig op in ’n stywe sigaarvorm. Herhaal met die oorblywende blare en vulsel.

3 As jy skaapvet gebruik, skep dit op die boom van ’n groot pot; stip andersins die pot met botter – dis lekker ryk kos dié! Rangskik nou die gevulde blare styf teen mekaar in ’n spiraal; doen dit in lae tot alles in die pot is. Stip met nog ’n bietjie botter, sit ’n bord bo-op om al die rolletjies in posisie te hou en bedek met kookwater. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat dan vir sowat ’n uur prut. Toets die blare om seker te maak dis sag en lig dan die rolletjies versigtig uit met ’n gaatjieslepel; sit warm of teen kamertemperatuur voor.