15 minute
4
10 minute
Bestanddele
- 4 gerookte varkrepe (“rashers”), elk in 3 blokke gesny
- 1 soetrissie, in 2 cm-blokkies gesny
- 2 perskes, ontpit en in kwarte gesny
- 8 pikantrissies gestop met fetakaas
- 250 ml pastarys, gaargemaak tot al dente en afgekoel
- 125 ml mayonnaise
- 15 ml matige kerriepoeier
- ½ ui, fyngekap
- 30 ml platblaarpietersielie, fyngekap
Metode

1 Ryg die varkblokkies, soetrissie, perske en pikantrissies op sosatiestokkies en braai dit in die pan, onder ’n voorverhitte rooster-element of oor die kole tot gaar. Verf liggies met olyfolie as jy wil vir geur en kleur.
2 Meng die gaar pasta, mayonnaise, kerrie, ui en pietersielie, geur met sout en peper en sit dit voor saam met die varkkebabs.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET