Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 35 minute
Bestanddele:

• 30 ml olie

• 1 ui, fyngekap

• 2 wortels, fyngekap of gerasper

• 2 selderystingels, fyngekap

• 350 g volstruismaalvleis

• 150 ml rooiwyn

• 1 blik gekapte tamaties

• 2 x 500 g-pakkies gnocchi

• gerasperde parmesaankaas

1. Verhit die olie in ’n swaarboompan en braai die groente tot dit net begin kleur kry. Voeg die maalvleis by en braai dit ook lekker bruin; breek die vleis deurgaans op met ’n spaan. Roer die wyn by en kook tot amper droog. Voeg die tamaties by en geur met sout en peper. Laat prut die sous vir sowat 20 minute.

2. Bring ’n pot soutwater tot kookpunt en kook die gnocchi volgens die aanwysings op die pakkie – sodra die gnocchi op die oppervlak van die water dryf, is dit reg. Skep dit met ’n gaatjieslepel uit en voeg dit by die maalvleismengsel; roer deur. Sit voor met ’n sprinkel parmesaankaas en slaai.