1 Verhit die botter en olie saam en braai die salieblare tot bros. Skep die blare uit en hou vir garnering later. Braai nou die ui en knoffel in die geurige olie tot sag en glansend. Roer die gort by en roerbraai tot al die korrels met olie bedek is en begin rooster.

2 Roer 750 ml van die aftreksel by en kook sowat 20 minute tot al dente. Roer gereeld, maar anders as met arboriorys is dit nie nodig om deurentyd te roer óf die aftreksel geleidelik by te voeg nie.

3 Skep die knoffel uit die gort. Kap die helfte van die botterskorsie fyn en roer dit saam met die laaste koppie aftreksel by die gort. Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper en laat prut nog 5 minute.

4 Skep die geurige gort in bakkies en rond elke bakkie af met ’n lepeltjie mascarpone, ’n strooisel kaas, bros salie, geroosterde botterskorsieskyfies en amandels.