Genoeg vir: 1 x 20 cm-tert

Bereidingstyd: 20 minute

Bestanddele

• sowat 100 g Tenniskoekies, gekrummel

• 60 ml botter, gesmelt

• 250 g mascarpone

• 180 g donkersjokolade, fyngerasper

• 5 ml grappa (ons het Dalla Cia gebruik)

So maak jy

1 Meng die koekiekrummels en botter en druk dit in ’n 20 cm losboomtertpan om ’n kors te vorm. Sit dit in die yskas terwyl jy die vulsel maak.

2 Verhit die mascarpone oor matige hitte tot gesmelt. Giet dit oor die sjokolade en roer tot alles gesmelt is. Voeg die grappa by en giet dit in die tertkors. Laat dit stol en sit die tert voor in dun skyfies.

Wenk Sprinkel ’n bietjie ekstra sjokolade of bessies oor as garnering.