Genoeg vir: 8 as bygereg

Bereidingstyd: 20 minute, plus 2 uur marineertyd

60 ml rooiwynasyn

100 ml goeie ekstrasuiwer olyfolie

4 takkies origanum, blaartjies gestroop

2 rooi uie, in ringe gesny

sowat 1 kg gemengde eksotiese tamaties

10 ml growwe seesout

20 ml ligbruinsuiker

2 klein komkommers, in stukke gesny

1 rooi en groen soetrissie, ontpit en in repies gesny

100 g goeie swart Kalamata-olywe, ontpit

30 ml kappertjiesaad

200 g bokmelk-fetakaas, in stukke gebreek

• ment en origanum om oor te sprinkel

1 Meng die asyn, olie en origanum, en giet dit oor die uieringe. Laat staan dit vir sowat 2 uur in die yskas (bedek met kleefplastiek). Sny die groter tamaties in wiggies en halveer die kleintjies; sprinkel sout en suiker oor en laat staan dit vir sowat 30 minute.

2 Stel saam Meng die tamaties, komkommer en soetrissie saam. Voeg die uie met hul marinade en die olywe by, en meng deur. Voeg laaste die kappertjiesaad, fetakaas en kruie by.