Genoeg vir: 8 porsies
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 10 minute

  • 300 g dun groenboontjies, skoongemaak, geblansjeer
  • 300 g broccoli, geblansjeer

SPEK-EN-BALSEMIEKSOUS

  • 50 g botter
  • 60 ml olyfolie
  • 2 salotte, fyngekap
  • 4 repe swoerdlose spek, gekap
  • 80 ml vars suurlemoensap
  • 15 ml balsemiekasyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper

1. Berei die spek-en-balsemieksous Verhit die botter en olyfolie in ’n braaipan en braai die salotte en spek totdat die spek goudbruin en bros is. Voeg die suurlemoensap en balsemiekasyn by en geur na smaak met sout en swartpeper.

2. Roer die boontjies en broccoli by tot deurwarm en sit voor.