Dié groenboontjieslaai is ’n hele maal op sy eie. Die trefkrag van dié slaai lê in sy eenvoud.
Genoeg vir: 6 porsies
Bereidingstyd: 5 minute
Gaarmaaktyd: 10 minute
- 300 g dun Franse groenboontjies, stingelente afgesny
- olyfolie
- 500 g aspersies
- 1 suurlemoen, skil gerasper
1. Kook die boontjies vir 1 minuut in kokende soutwater. Dreineer die boontjies en hou eenkant.
2. Meng die olyfolie deur die aspersies en rooster hulle dan in ’n warm riffelpan tot swart strepies op hulle vorm.
3. Meng die boontjies en aspersies, drup die suurlemoensap oor en skep die slaai op ’n mooi dienbord. Sprinkel die suurlemoenskil oor.
WENK: Jy kan ’n dungesnyde vinkelbol hierby roer of dit met ’n hand vol vars bronkors garneer.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET