1 Stamp al die sousbestanddele saam in ’n vysel tot goed gemeng.

2 Sny die papaja eers in dun skyfies en sny dan die skyfies in julienne-repies (gebruik ’n mandoliensnyer of rasper dit grof).

3 Meng die sous hardhandig met ’n houtlepel deur die papaja, boontjies en tamaties – die idee is om die bestanddele so effens saam te kneus. Skep in ’n dienbord, strooi die koljander oor en geniet dadelik voor die bestanddele hul knars verloor.

Het jy geweet?

Die ferm wit vlees van groen (onryp) papaja is bekend vir die knars wat dit aan Thaise slaaie gee. As jy sukkel om groen papaja in die hande te kry, gebruik komkommer sonder die skil en pitte.