1 Los die suiker op in die water in ’n klein kastrol oor matige hitte. Bring tot kookpunt sodra al die suiker opgelos is en kook sonder om te roer totdat die karamel ’n mooi goue kleur het. Verwyder van die hitte.

2 Plaas ’n vel bakpapier op ’n bakplaat en sprei die neute in ’n enkellaag daarop uit. Giet die warm karamel oor die neute en beweeg die bakpapier sodat die karamel ’n dun lagie vorm. Pasop vir brand! Laat die pralien staan sodat dit kan afkoel en hard word.

3 Drup die gesmelte sjokolade oor die pralien se oppervlak. Breek die pralien in skerwe sodra die sjokolade gestol is.