1. Vir die deeg, vryf die botter met jou vingerpunte by die meel in tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg die sout by en roer die water in totdat ’n deeg in die mengbak vorm. Keer uit op ’n werk­ oppervlak en knie vinnig tot ’n gladde, werkbare deeg. Voeg ’n bietjie ekstra meel by as dit te klewerig is. Pasop: Die deeg kan nog warm wees! Bedek met kleefplastiek en laat rus terwyl jy die vulsel maak.

2. Verhit die olie in ’n pan en braai die varkmaalvleis en spek tot bros en goud­ bruin. Voeg die res van die bestanddele by en roer tot die kaas gesmelt het en die vulsel geurig is. Geur na smaak met sout en peper en laat afkoel.

3. Verdeel die deeg in twee (dis makliker om met ’n kleiner hoeveelheid te werk). Rol die eerste stuk sowat 2 mm dik uit op ’n meelbestrooide oppervlak. Sny 6,5cm­ sirkels uit. Meng 15 ml meel met genoeg water om ’n taai pasta te vorm; jy sal dit gebruik om die pasteitjies toe te “plak”.

Skep ’n teelepel vulsel op elke deegsirkel. Smeer die “gom” aan die rande en vou toe in ’n halfmaanvorm. Knyp die rand versigtig om elke pasteitjie te verseël. Herhaal tot al die deeg en vulsel op is.

4. Doop die pasteitjies in die eier en dan in die krummels vir ’n bros buitelaag.

5. Verhit die olie vir diepbraai; dis reg wanneer ’n stukkie rou deeg na die oppervlak styg en dryf. Diepbraai die pasteitjies in sarsies tot goudbruin en bros. Sit warm voor met ’n pikante doopsous of jogurt.

Wenk
Dié varkmengsel is ook ’n heerlike pastasous of vulsel vir toebroodjies. Jy kan die varkmaalvleis vervang met vars varkworsie-vleis.