1 Sit die hawermout, chia, kaneel, water, melk, botter en sout saam in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut rustig vir sowat 10 minute of tot romerig. Roer deurgaans en hou die hitte matig. As die pap droog lyk, roer nog sowat 125–250 ml ekstra melk by.

2 Versoet die hawermout na smaak met heuning, skep in bakkies en rond af met ’n lepel grondboontjie-botter, skyfies piesang en ’n strooisel gebreekte kakaoboontjies. Mm!