1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Geur die hoender rojaal met sout en peper en braai in 30 ml olyfolie tot goudbruin oraloor. Moenie te haastig wees nie, dis belangrik dat die hoender karamelliseer aan die buitekant. Strooi die speserye oor en pak die hoender in ’n oondroosterpan.

2. Stroop die blaartjies van die aarbeie, maar hou die stingeltjies aan. Voeg dit by die hoender in die oondbak. Meng die granaatkonsentraat, lemoensap en oorblywende olyfolie en sprinkel bo-oor die hoender en aarbeie, gevolg deur die tiemie. Maak dig toe met foelie en rooster vir 45 minute. Verwyder die foelie, bedruip met die pansous en rooster oop vir nog sowat 15 minute.

3. Sit dit voor Meng die feta, pietersielie en amandels deur die gaar rys en klam goed aan met die pansappe van die hoender. Skep die hoender en aarbeie bo-op die rys en sit dadelik voor.