Begin deur die hoenderaftreksel stadig te verhit tot warm. Sny die mieliepitte van die stronk af en voeg dit saam met die sprietuie en heel hoenderstukke by die warm aftreksel. Laat dit rustig prut vir sowat 5 minute. Skep die hoender uit die sop en laat effens afkoel.

Gebruik ’n mes en vurk of, as dit nie te warm is nie, sommer jou vingers om die gaar hoender versigtig in kleiner happiegroot stukke te skeur. Op dié manier is die hoender baie sappig omdat dit stadig gaargemaak is en nie teen die draad van die vleis gesny word nie.

3 Meng die mielieblom in ’n bakkie met ’n paar lepels aftreksel om ’n loperige, gladde pasta te vorm en roer dit dan by die sop saam met die hoender, gemmer, soja en asyn. Laat prut nou vir ’n paar minute sodat die mielieblom die sop effens kan verdik. Dit bly ’n dun sop, maar danksy die mielieblom is dit nie waterig nie. Sit dit stomend warm voor met sout en peper na smaak en verbeel jou jy kuier in die beste Chinese restaurant.

[WENK]
As jy gewone hoenderborsfilette pleks van die mini-filette wil gebruik, sny elke filet in vier lang repe en volg die stappe hierbo. Dit is belangrik wanneer jy hoender posjeer om die temperatuur matig te hou en dit nie oorgaar te maak nie.