Oondtemperatuur: 180°C 

1. Vir die tamatiebotter Week die korente vir sowat 20 minute in die asyn tot plomp. Meng dit dan saam met die tamaties, pecorino en roket by die botter.

2. Sny met ’n skerp messie ’n gleuf in elke hoenderborsie en kap die vleis tot effens dunner. Vul die borsies met die sagte botter en vou elkeen versigtig toe in ’n rolletjie; gebruik tandestokkies om dit toe te hou indien nodig.

3. Rol elke hoenderrolletjie in die meel, dan in die geklitste eier en laastens in die krummels. Pak die rolletjies met die voukant na onder op ’n bord en sit dit dan vir minstens 30 minute in die yskas om te verseker hulle behou hul vorm wanneer jy dit gaarmaak.

4. Verhit olie sowat 2 cm diep in ’n potjie tot goed warm en diepbraai die hoender versigtig tot goudbruin en bros alkante. Pak die bruingebraaide hoender nou in ’n oondbak en bak vir nog sowat 10 minute teen 180 °C om seker te maak dit is deurgaar. Die grootte van die hoender sal die gaarmaaktyd bepaal – gebruik jou oordeel. Sit warm voor met geroosterde tamaties, jou gunstelinggroente en kapokaartappels.