1 Braai die sampioene en preie saam in die botter tot geurig. Roer die feta by, verwyder van die hitte en laat die vulsel effens afkoel.

2 Sny ’n gleuf in die dikste deel van elke hoenderborsie en stop met ’n lepel vulsel; druk die hoender styf toe om die vulsel. (Jy kan die opening toesteek met peuselstokkies as jy wil.) Geur die buitekant van die hoender goed met sout en peper.

3 Verhit die olie en panbraai nou die hoender tot mooi goudbruin oraloor. Voeg enige orige vulsel, die suurroom en ’n skeut kookwater by die pan, sit die deksel op en laat stoom oor lae hitte tot die hoender gaar is (sowat 10 minute).

4 Skep die hoender uit die sous op ’n kapplank en meng die gaar rys deur die pansous. Sny die hoender in skyfies sodat die vulsel wys en sit voor saam met die romerige rys, broccoli en spinasie.