1. Sit die hoender en al die geurmiddels – die speserye, brandrissie en lemoenskil – in ’n glas- of plastiekhouer en vryf die hoender goed daarmee in. Giet die koffie oor en laat marineer oornag.

2. Voorverhit die oond tot 180°C. Haal die hoender uit die marinade en druk droog. Braai in die olie in ’n oondvaste pan met ’n deksel tot geurig en mooi goudbruin alkante. Roer die uie, knoffel, dadels, heuning en amandels by. Kap die koljanderstingels fyn (hou die blare vir garnering) en roer by saam met die behoue marinade. Geur met sout en peper, bedek en bak in die oond vir 1 uur.

3. Sit voor met koeskoes en ’n strooisel vars koljander.