1 Gebruik ’n skerp mes en maak so vyf diep diagonale insnydings in elke stuk hoender deur die vel – dit help dat die geure beter intrek. Meng nou die tamatiepasta, masala, knoffel, gemmer en jogurt, vryf dit goed in die hoender in en marineer vir minstens ’n uur (of oornag in die yskas).

Voorverhit die oond tot 180 °C. Keer die tamaties uit in ’n oondbak en druk fyn met ’n aartappeldrukker. Skep die hoender met die marinade bo-op die tamaties. Strooi die vars en droë rissies oor en geur met sout en peper na smaak. Giet die room oor en bak vir sowat 1 uur tot die hoender smeltsag en geurig is. Die gaarmaaktyd gaan afhang van die grootte van die hoenderstukke.

Meng intussen die olie en vinkel deur die botterskorsie en geur met sout en peper. Bak dit sommer saam met die hoender tot gaar as jou oond groot genoeg is. Dit behoort nie langer as 35–40 minute te neem nie, so haal dit voor die hoender uit.

4 Om voor te sit, skep die gaar botterskorsie by die hoender en strooi die amandel- vlokkies en koljander oor. Geniet met langkorrelrys en roti’s.