Dié smuldis is gemaak om te deel!

Hoenderpasta-nuusbrief-2

Genoeg vir 6–8

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

• 15 ml elk botter en olie

• 400 g sampioene, in kwarte gesny

• 2 selderystingels, gekap

• 2 preie, fyngekap

• 250 ml aftreksel

• 250 ml suurroom

• 1 gaar hoender, gevlok

• 500 g gaar penne (al dente)

• 8 skywe Franse brood, gerooster

• gerasperde skil van 1 suurlemoen

• 30 ml platblaarpietersielie, gekap

1. Smelt die botter en olie saam in ’n pan en braai die sampioene tot goudbruin. Voeg die seldery en preie by en roerbraai tot geurig. Roer die aftreksel en suurroom by, gevolg deur die hoender, en laat prut tot deurwarm. Roer die hoendermengsel deur die warm pasta. (Onthou om te proe vir sout en peper.)

2. Maak die roosterbrood fyn om growwe broodkrummels te vorm. Meng dit met die suurlemoen en pietersielie en sprinkel dit dan oor die pasta as geurmiddel. Dis ’n goedkoop alternatief vir gerasperde parmesaankaas en gee heerlike tekstuur aan die gereg.

KOS-footers-2