Genoeg vir: 4

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

Oondtemperatuur: 180 °C

• 250 ml sampioene

• 15 ml elk botter en olie

• 4 hoenderborsies, in blokkies gesny

• 15 ml meel

• 350 ml hoenderaftreksel

• 250 ml botterskorsie, gaar

• 3 sirkels feta, gekrummel

• 1 rol blaardeeg

• 1 eier

1 Braai die sampioene in die botter en olie tot bruin. Rol die hoender in die meel en voeg dit by die sampioene in die pan. Braai tot die hoender net-net gaar is. Roer die warm aftreksel by en laat prut dit vir ’n minuut of twee sodat dit ’n sous vorm. Voeg die botterskorsie en feta by en geur met sout, peper en vars kruie – tiemie en pietersielie sal lekker wees.

2 Skep die hoendermengsel in ’n pasteibak. Sny die deeg net groter as die bak, verf dit met eier en bedek die vulsel daarmee. Verf die klaar pastei ook met eier, maak ’n gaatjie vir die stoom en bak die pastei vir 25-30 minute of tot goudbruin en gaar.