Genoeg vir: 10 pitabrode (20 helftes)

Bereidingstyd: 20 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

Bestanddele

• bronkors, ertjieblaartjies of roket

• 1 gaar hoender, gevlok (of gebruik oorskiet-braaihoender)

• 1 blikkie kekerertjies, gedreineer

• ½ komkommer, geskil, ontpit en in klein blokkies gesny

• 2 selderystingels, fyngekap

• 50 ml korente

• 50 ml geroosterde amandelvlokkies

• 100 ml mayonnaise (of na smaak)

• 1 rooi brandrissie, gekap

• 10 pitabrode, gehalveer

So maak jy

1 Pik die blare van die bronkorsstingels af en kap die stingels fyn. Meng al die bestanddele vir die vulsel saam en geur met sout en peper.

2 Rooster die pitas in ’n droë pan of onder die roosterelement, sny middeldeur en vul die halwes met die hoendermengsel. Pak in ’n lugdigte houer tot nodig