Hoenderslaai met vars klapperskaafsels

akkreditasie
Francois Oberholster
Bereidingstyd: 30 minute
Porsies: 6
Gaarmaaktyd: 30 minute
Bestanddele
  • 1 - ui, grofgekap
  • 2 - klein kopkole, fyngesny
  • 700 g - hoenderdyfilette, in 3 cm-blokke gesny
  • 30 ml - vissous
  • 4 - murgpampoentjies, in julienne-repies gesny of grofgerasper
  • 3 - knoffelhuisies
  • 100 ml - sojasous
  • 2 cm - gemmer, geskil
  • 12 - peulertjies, gehalveer
  • 30 ml - oestersous
  • 1 - brandrissie, ontpit
  • 125 ml - gerasperde vars klapper
  • 90 g - gemengde babaslaaiblare en kruie soos koljander, basilie en gekapte sprietuie
  • 30 ml - suurlemoensap
  • 1 - groen soetrissie, ontpit en grofgekap
  • - suurlemoenwiggies
  • 1 - wortel, in julienne-repies gesny of grofgerasper
  • - MARINADE
Metode
Vars klapper gee dié slaai ’n eksotiese kinkel. As jy sukkel om dit te kry, rol die dye in gedroogde klapper voor jy braai.

1 Marineer die hoender Maak al die marinadebestanddele saam fyn met ’n staafmenger en giet dit oor die hoender in ’n glasbak. Bedek en sit dit oornag in die yskas.

2 Dreineer die gemarineerde hoender en druk droog (dis nie nodig om al die marinade te verwyder nie). Vlakbraai die hoender in olyfolie – of nog beter, braai dit in ’n ketelbraai vir ’n rokerige geur. Laat rus vir sowat 10 minute.

3 Stel die slaai saam Meng al die slaaibestanddele, pak die gaar hoender daarop en sit dit voor met suurlemoenwiggies en ’n romerige slaaisous. 

Jongste uitgawe

Sep | Okt 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees