1 Voorverhit die oond tot 170 °C. Voer ’n 23 cm-losboomkoekpan uit met bakpapier en spuit goed met kleefwerende kossproei. Vou ’n dubbellaag foelie om die buitekant van die pan (dit keer dat enige vulsel uitlek of dat water die koekpan binnekom terwyl dit in die waterbad is). 

2 Klits die eierwitte tot sagte punte vorm. Voeg die kremetart by en klits nog ’n minuut. Voeg nou die suiker lepel vir lepel by totdat dit ’n dik, glansende meringue vorm.

3 Gebruik ’n aparte mengbak en klits die roomkaas, botter en melk saam tot glad. Voeg die eiergele, suurlemoensap en vanielje by en klits tot glad. Sif die meel, mielieblom en sout oor die mengsel en klits tot net glad.

4 Skep ’n groot lepel vol meringue by die roomkaasmengsel en vou dit in met ’n groot metaallepel. Voeg die res van die meringue by en vou versigtig deur tot net gemeng. Probeer om soveel lug moontlik in die mengsel te behou. 

5 Skep al die beslag in die voorbereide koekpan. Sit die koekpan in ’n oondbak met genoeg warm water dat dit halfpad daarin staan. Bak vir 45 minute. Skakel die oond af, maak die deur op ’n skrefie oop en laat die kaaskoek nog ’n uur lank in die oond rus. Laat afkoel en sit dit vir minstens 4 uur in die yskas sodat die tekstuur kan verstewig voor jy dit voorsit. Sif ’n lagie versiersuiker oor vir die mooi.