Die idee vir dié kleurvolle kaashappies kom uit Ann Christodoulou se pragtige boek What’s for Lunch? 

Meng al die bestanddele, behalwe die kruie of eetbare blomblaartjies – gebruik sommer ’n vurk. Rol in piepklein happies, almal mooi ewe groot. Rol elkeen laastens in die gekapte kruie of eetbare blomblaartjies vir die mooi.

Wenk Speel gerus met die kruie­ kombinasies: Ment is lekker saam met ’n ertjieslaai, basilie is ’n goeie pasmaat vir ’n tamatieslaai, terwyl ’n klein knippie origanum en pietersielie die kaasballetjies ’n Italiaanse kinkel gee. 

Feta gee dit ’n heerlike sout smaak, maar bloukaas en tiemie of ricottakaas en basilie is net so lekker.