1. Maak die salsa: Meng die tamatie- blokkies, gekapte ui, rooi brandrissie, koljanderblare, lemmetjie- of suurlemoen- sap en geurmiddels na smaak.

2. Klits die eiers en water in ’n mengbaken geur dit na smaak met sout en vars gemaalde swartpeper.

3. Verhit die helfte van die botter in ’n kleefvrye braaipan. Gooi die helfte van die geklitste eiermengsel in die braaipan sodat dit die bodem eweredig bedek. Stoot en skraap die eier oor matige hitte en laat dit dan staan totdat die omelet amper gestol het en goudbruin aan die onderkant is. Strooi die helfte van die fyngekapte spek oor die een helfte van die omelet, gevolg deur die helfte van die avokadoblokkies en die helfte van die kaas. Vou die omelet toe oor die vulsel en laat dit versigtig uit die braaipan in ’n warm bord gly.

4. Herhaal die proses met die orige bestanddele en sit dan die omelette dadelik voor saam met die tamatiesalsa.