1 Spuit die holtes van ’n silikoon-muffinpan met kleefwerende kossproei. Enige vorm sal werk, maar die silikoon vergemaklik die uitkeerslag. Of maak die panna cotta in mooi glasies, teekoppies of bakkies en sit dit daarin voor.

2 Roer die kookwater by die jellie tot heeltemal opgelos. Roer dan die room en suurlemoenskil by en klits die jogurt by tot glad. Giet in die voorbereide houers en verkoel tot gestol (verkieslik oornag).

3 Om voor te sit, keer die panna cotta versigtig uit en garneer na hartelus met jou keuse van vars vrugte en eetbare blommetjies sodat die nagereg lyk soos lente op jou bord.