Maak sowat 300ml 

Bereidingstyd: 15 minute 

1 Was die blare goed in soutwater en druk droog. Proe aan ’n kappertjieblaar. As die laatseisoenblare te skerp na jou smaak is, blansjeer dit ’n paar sekondes in kookwater en verfris in yswater. Soos met spinasie sal dit die blare se smaak temper. Jong blare kan rou gebruik word.

2 Sit al die bestanddele, behalwe die olie, in ’n voedselverwerker en pols ’n paar keer saam. Voeg die olie in ’n dun straaltjie by en hou aan verwerk totdat die pesto se tekstuur smeerbaar is. Hoe meer olie jy byvoeg, hoe ryker (en natuurlik loperiger) is die pesto. Skep in ’n skoon fles en hou in die yskas. Dit is heerlik op broodjies, as pikante sousie saam met geroosterde vleisstukke en in jou gunsteling- pastageregte en slaaie.