1. Sit die hoender in ’n plastieksakkie saam met die marinade-bestanddele en vryf goed in. Knoop die sak toe en sit dit oornag in die yskas om te marineer. Onthou om die hoender kamertemperatuur te laat bereik voordat jy dit gaarmaak.

2. Verhit die olie vir diepbraai. Meng die meel en speserye saam in ’n plastieksakkie. Haal die hoenderstukke een-een uit die karringmelk en doop dit in die meelmengsel tot heeltemal bedek. Braai in sarsies tot ligbruin. Skep uit en herhaal tot al die stukke gebraai is. Braai nou al die stukke vir ’n tweede keer in sarsies tot goudbruin en deurgaar – sny een stuk oop en toets dat die hoender nie meer binne-in pienk is nie. Die metode help dat die buitekant nie so vinnig verbruin dat die binnekant nog nie gaar is nie. Sit voor met ’n slaai van oondgebakte patats, kekerertjies en baba-spinasie-blare.